top of page

"Yup, 'n Blind Date!"

"...moet se Standers is baie romanties!"

Ons Ontmoeting...

Haar Storie

​

Ons het 1 keer tevore kennis gemaak, maar dis die "Blind Date" wat alles begin het... Yup, 'n Blind Date...

Die setup: My boetie, sy nefie... albei 6 en maatjies in die selfde klas by die skool.

Die "date": Fondue-ete saam die familie (Awkward!)

Stadig maar seker het ons begin saamkuier en 'n paar maande later was die skoot hoog deur!

 

Sy Storie

​

Vir my het dit nou weer nie by die blind date begin nie, maar by ons "tevore kennis", ons het mekaar by Primi die eerste keer ontmoet en daar het ek al geweet. Ons het mekaar net uitgekyk en die 3 woorde wat ons wel gepraat het was die lekkerste van die lekkerste van die lekkerste.

Ons Verlowing...

Haar Storie

​

Na meer as 5 jaar saam was dit te verstane dat ons oor trou sou praat. Ring saam ontwerp en gewag vir die groot vraag... Hoe, waar & wanneer was nie vir my om te weet. 

 

Werk in Kaapstad was sy verskoning, en ek het ewe niksvermoedend saamgegaan vir die wegbreek (volgens my het hy het dan nog nie eers ouers gevra?!). Soveel keer moes ek agterdogtig geraak het en soveel keer het ek amper op die ring afgekom. Maar Liewe Jesus was aan sy kant, en hy het my uit die veld geslaan toe hy die ring te voorskyn bring en my die ja-woord vra!

​

Sy Storie

 

Die ring was gemaak en was reg om die vraag te vra, maar ek moes eers die grootste hekkie van verlowing oorspring, ouers vrae. Jy ken ouers al vir 6 jaar maar daardie aand het dit gevoel of ek hulle die eerste aand ontmoet.

 

Almal was gevra en ons was af Kaap toe vir werk, so het sy geglo. Manne as ek raad kan gee,vra jou girl naby waar jy bly.

Om n ring te vervoer is nie lekker nie want jy weet jy kan enige tyd uit gevang word.

 

Alles het goed verloop en ons is in die Kaap en in die hotel kamer, en ek kon net nie meer langer wag nie.

 

Ons het 1200 KM ver gevlieg en hele naweek beplan, net sodat ek haar in die hotel kamer kan vra om te trou - moet se Standers is baie romanties!

​

bottom of page